En dis hoekom ek hier is …


Ek is ‘n lappieskombers vol stukkies vasgewerk uit die verlede. Dit is hoeka na een van die “verlede” gebeurtenisse dat ek opeindig in ‘n sielkundige se bangmaak-stoel.

Ek is ‘n lappieskombers vol stukkies vasgewerk uit die verlede. Dit is hoeka na een van die “verlede” gebeurtenisse dat ek opeindig in ‘n sielkundige se bangmaak-stoel.

“Vertel my so bietjie van jouself, wie is jy?” – Duh asof ek nie hierdie vraag verwag het nie! Ek het mos lankal gegoogle wat jy moet en nie moet doen en sê nie.

Maar o flip, daar sit ek toe met ‘n mond vol tande (hier en daar ‘n gaatjie en stopsel) en ek het nie ‘n clue wat om te sê nie! Inteendeel, ek wil eintlik uitbars in trane, want skielik is die spasie so vertroostend en gerusstellend dat ek sommer alles wat goed en sleg is wil uitblaker. Maar, na my Google-tips, kry ek toe gou weer beheer oor die lastige emosies en siedaar. Ek hou my mond dig toe en vul toe maar die vraelysie in sodat ons my persoonlikheid (of gebrek daaraan) kan probeer ontleed.

Ek is, obviously!, ‘n vrou. Ek is aan die verkeerde kant van 30. Ek is ‘n plattelandse meisie, maar ek het vragte vol fieterjasies en bagasie. Ek is getroud met my skoolliefde en is die ma van 2 baie oulike kinders, waarvan die jongste een reeds kwart oor ses vanoggend ‘n pakslae met my Woolworths plakkie gehad het. Ek ry ‘n doodgewone kar, bly in ‘n doodgewone huis, en doen ‘n doodnormale 8h00 tot 16h00 werk. Ek is dus, volgens my eie ontledings, doodnormaal.

MAAR! Ek is getroud, ek is ‘n ma, ek is ‘n kollega, ek is ‘n vriendin, ek is moeg, ek is taamlik gatvol, ek is geirriteerd, ek is gefrustreerd, ek is te gejaagd, ek is vandag se dolle gejaag vasgevang in ‘n lappieskombers van eergister en ek sukkel om by te hou!

En my sielkundige se raad aan my was om te skryf oor hoe ek voel. En hier is ek nou!

Advertisements
Featured post

Hello Vreemdeling

Ek weet jy gaan iewers hier ietsie lees wat vasklou aan jou hart soos klitsgras.


Welkom op my Blog!

“Don’t cry because it’s over, smile because it happened.” – Dr Seuss

 

Featured post

Ons is nie almal maer gebore nie!

Ek dink ek het al elke dieët onder die son probeer – regdeur van die hartstigtingsdieët tot by Weighless tot by die fenomenale koolsop-dieët (jig! jig! jig!) Het ek die 28dag dieët genoem?

Ek is redelik gatvol al – om te probeer, en te probeer, en te probeer, net om aan die einde van die dag weer die arme skaal te laat kreun van pyn as ek met my logge liggaam op hom klim. As skale voete gehad het, was myne al lankal landuit!

Ek het baie gewig verloor op “Die dieët waarvan almal praat” … maar helaas, het ek al die verloorde gewig (plus rente) weer langs die pad opgetel. Dis hoe nice ek is!

Toe kom Tim Noakes met sy Banting Rewolusie. Wow! Dit het gewerk en ek dink steeds dat die hele leefwyse wat hy aanbeveel, wel die uiteindelike antwoord vir die oorgewig mensdom gaan wees. Low Carb is die antwoord! Maar … jy kan nie Banting volg terwyl jy ‘n koffiewinkel bestuur (waar jy hoofsaaklik sorg vir snoepgoed en koek!) nie – groot groot fout. Hier ‘n proetjie en daar ‘n proetjie en stadig maar seker het ek gevoel my klere sit al stywer en stywer.

NO problem! Ek laat maak nuwe klere. Pragtige, vloeiende hemp-rokkies wat al te pragtig lyk met ‘n spanbroek. Almal loof my met komplimente oor hoe mooi ek lyk! Flippen klomp leuenaars! Die klere was mooi ja! Nie ek binne in die klere nie. En die probleem met ‘n spanbroek is dat hy so geduldig saam jou rek, sonder enige stremming!  Sonder om te span!!

Einde ten laaste het ek die koffiewinkel laat gaan en ek het my weer begewe in ‘n 8 tot 4 sit-voor-jou-rekenaar werk. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek love my werk en die vaste ure is duisend maal beter as die ure van bak en brou … maar die stilsit heeldag trek kilogramme soos ‘n magneet aan.

My werkskollegas is natuurlik (soos altyd!) nie oorgewig nie. En vir een of ander onverklaarbare rede, maak KFC se dunked wings hulle nie so vet soos vir my nie! Needless to say, 1 jaar later en ek is op my swaarste nog. (En so lus vir KFC se dunked wings dat ek self my hoender sal ontveer as ek moet!)

‘n Vriendin vertel my van die CSN program wat op Ontbytsake adverteer – dit gaan regtig by die een oor in en die ander oor uit! Ek meen, seriously. Hoeveel diëte en parkrun’s later en ek is nogsteeds dik! (Nota aan self: Parkrun help nie as jy elke dag take aways vreet nie!)

Maar toe gaan google ek CSN (Al was dit nog 3 maande en 4kg later!). Christo Strydom Nutrition … nou wat weet ‘n Suid Afrikaner dan nou van enigiets behalwe bier, braai en brandewyn. Maar ek lees verder, kyk ‘n paar You Tube onderhoude … en ek stel belang! Genugtig – die Universiteit van die Vrystaat (Bloemfontein :-)) approve hierdie pille en enigiets wat uit die Rosestad kom, het sommer klaar my goedkeuring ook. Scientifically Tested! Ek lees – SUKSES GEWAARBORG! Die produkte is duur – maar so ook take aways.

Ek bestel die 10dag Detox pak! Ek is nogals excited oor die pakkie in die pos!

Blog at WordPress.com.

Up ↑

Create your website at WordPress.com
Get started